Sewe beseer toe vragmotor ontplof
2009-11-13 09:36
Johannesburg - Sewe mense is ernstig beseer toe 'n vragmotor waaraan hulle sweiswerk gedoen het, in Kameeldrift, noord van Pretoria, ontplof het.
Twee werkers was onder die wrak vasgekeer en is in 'n kritiek toestand in die hospitaal.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê die ander vyf werkers is ernstig beseer en word gestabiliseer.
Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie.
– Sapa