Sewe beseer in trompop-botsing
2009-11-20 21:52
Durban – Sewe mense is beseer, waarvan twee baie ernstig, toe ‘n taxi en ‘n bakkie Vrydagaand in Durban trompop gebots het.
“Die voertuie het albei omstreeks 20:30 gelyktydig by die kruising van Umngeni- en Kollingweg ingery en trompop gebots,” het Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Al die beseerdes was insittendes van die taxi. Hulle is na ‘n naby geleë hospitaal geneem.
–Sapa