Seuntjie verdrink in swembad
2010-04-26 19:13
Johannesburg – ‘n Agtjarige seun het Maandag in ‘n swembad in Fichardts Park, Bloemfontein verdrink, het die paramedici van ER24 gesê.
Volgens Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder, het die seun in die swembad geval toe hy probeer het om sy bal terug te kry wat in hul buurmense se agterplaas beland het.
Paramedici het probeer om hom by te bring, maar hy was met sy aankoms by die hospitaal doodverklaar.
- Sapa