Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Seuntjie uit vuurwarm motor gered

2009-12-19 07:36
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die driejarige seuntjie wat in ’n motor in Bloemfontein toegesluit was terwyl sy ma inkopies gedoen het, was minstens ’n halfuur lank in bloedige hitte in die motor. Hy het geskreeu en dit het gelyk of sy neus bloei.

Omstanders het die histeriese seuntjie Woensdag kort voor 13:00 in die motor op die parkeergebied van die Hyperama gekry en die polisie ontbied. In ’n aangrensende motor was dit toe 35 °C.

Die polisie het gister ’n navraag-leêr geopen na aanleiding van die voorval. As daar genoegsame gronde vir ’n klag is, sal ’n dossier aangelê word.

Insp. Richard Botha van die eenheid teen gesinsgeweld, seksuele oortredings en kindermishandeling is tans besig om die saak te ondersoek.

“Indien bevind word dat daar genoegsame gronde is vir vervolging, sal ’n dossier geopen word in gevolge die Kinderbeskermingswet,” het hy gesê.

Botha is besig om deur middel van ooggetuies en videomateriaal die identiteit van die vrou vas te stel. Hy kan dit doen as die registrasienommer van die wit Volkswagen Citi Golf gekry is.

Verklarings sal ook van die twee polisiebeamptes bekom word wat vinnig op die toneel was.

Dossie Theron, ’n ooggetuie, het gesê die seuntjie moes minstes ’n halfuur in die motor toegesluit gewees het. Vermoedelik het sy ma hom in die motor gelos omdat hy geslaap het.

“Die seuntjie het op die sitplek gestaan en skreeu en skreeu en skreeu. Hy het ’n speelgoedkarretjie in sy hand vasgeklem. Hy was rooi in sy gesig en dit het gelyk of sy neusie begin bloei.

“Ek het probeer om hom so ver te kry om die slotknippie op te trek, maar hy is te klein. Ek het daaraan gedink om die ruit te breek toe die polisie daar aankom. Die seuntjie was papnat gesweet toe hy uitgehaal is.”

Die ma het ook toe daar aangekom en toe sy gekonfronteer is, het sy gevra of Theron wil voorgee dat sy “’n slegte ma is”.

“Ek het vir haar gesê sy moet net die kind iets gee om te drink.”

Sy het wel gesê sy is bereid om ’n verklaring af te lê indien ’n klag ingedien sou word.

- Die Burger
 

Lees meer oor: kinders  |  kindermishandeling
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Knersis sê... Ai. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Bedfordview - 15:30 PM
    Road name: N3 Northbound
    DELAYS between Van Buuren Road and Gilloolys Interchange
  • Friday Little Falls - 15:29 PM
    Road name: Hendrik Potgieter Road Westbound
    DELAYS through Little Falls
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.