Seuntjie red boeties van verdrinking
2012-12-25 15:00
Johannesburg – Twee seuns het Dinsdag byna in Randburg naby Johannesburg verdrink.
“Die kinders, onderskeidelik vier en sewe jaar oud, is deur hul tienjarige boetie gered,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24,
gesê.
“Die omstandighede is nog nie duidelik nie.”
Die seuns was by hul volle bewussyn toe paramedici op die toneel
gekom het. “Hulle het slegs water ingeasem en gesluk.”
Die twee seuns is
na Coronation-hospitaal geneem en is tans in ‘n stabiele toestand.
Volg Nuus24 op Twitter.