Seuntjie al twee dae vermis
2011-12-31 12:39
Kaapstad – ‘n Tweejarige seuntjie wat twee dae gelede laas by ‘n busstop in Mitchells Plain gesien is, word steeds vermis, het die polisie in die Wes-Kaap Saterdag gesê.
Die seun, Tautiq Jacobs, het ‘n blou sweetpakbroek met ‘n oranje Converse All Star kenteken op aangehad toe hy om 10:00 Donderdagoggend vermis geraak het.
Ao. November Filander het gesê niemand is nog opgespoor nie.
“Die soektog duur voort.”
Filander het bygevoeg dat die seun se ma ondervra is in verband met die saak.
“Ons wou vasstel of alle aantygings waar is en om te sien of ons dalk iets gemis het,” het hy gesê.
“Ons wil vasstel of die kind vermis geraak het op die plek wat aangedui is en of daar ander bewyse is wat ons dalk kan help.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA