Seun voor skool doodgesteek
2010-02-09 21:38
Durban - 'n Tienerseun is ná 'n vuisgeveg deur 'n medeleerder buite sy skool in Newlands, KwaZulu-Natal doodgesteek.
Kapt. Kepu Ndlovu, 'n polisiewoordvoerder, het gesê twee leerders het buite die skool baklei waarna een van die seuns 'n mes uitgepluk het.
"'n 16-jarige gr.11-leerder is na die hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms by die hospitaal dood."
Die 17-jarige verdagte het ná die voorval van die toneel verdwyn, maar is later in KwaMashu gevind.
Hy verskyn binnekort in die hof.
– Sapa