Seun tref gewonde pa lewend aan

2011-02-21 09:20
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die vermoorde Vrystaatse boer Helgard Muller het nog asemgehaal toe sy jongste seun, Helgard jr., ná die aanval waarin sy pa in die kop geskiet is, op hom afgekom het.

Muller, van die plaas Mara in die Frankfort-distrik, is die nuutste slagoffer van die vlaag plaasmoorde in Suid-Afrika.

Die polisie en ambulansdiens is ná die aanval ontbied, maar Muller is op pad na ’n hospitaal in Vereeniging dood. Dit was vier dae nadat hy verjaar het.

Volksblad het Sondag met die seun oor die nagmerrie-ervaring gepraat.

Muller jr. sê sy ma, Marietjie, wat in ’n rolstoel is, en huishulp is Saterdagoggend deur twee rowers in die plaashuis met skoenveters vasgebind en in verskillende kamers toegemaak. Hul monde was toegeplak.

“Hulle (die rowers) het my ma vir die kluis se sleutel gevra en geld gesoek.”

Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, sê die mans was met ’n vuurwapen en stok gewapen.

Muller sr. het vroeër die oggend die huis verlaat om na sy vee te gaan kyk en het sowat twee uur later teruggekeer.

Die rowers het hom ingewag en geskiet voordat hulle in sy se Isuzu-bakkie gevlug het. Hulle het R700 en selfone gebuit.

Die huishulp het daarin geslaag om haarself en mev. Muller los te kry.

Muller jr. sê hy het ’n spilpunt gaan stop en toe hy naby die huis was, het die huishulp vir hom geskree.

Hy het sy pa in die gang in die huis gekry.

Vrystaat Landbou (VL) se gebeurlikheidsplan is in werking gestel en boere, die polisie en VL se intelligensiediens het saamgewerk om die vermeende moordenaars vas te trek.

Die bakkie is verlate op ’n grondpad naby Frankfort gevind en twee mans van 19 en 32, albei van Oranjeville, asook ’n 25-jarige vrou van Frankfort is in hegtenis geneem. Die polisie het die rewolwerwaarmee Muller vermoedelik geskiet is in die jong vrou se huis gekry.

“Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek voel nie,” het Muller jr. Sondag aangedaan gesê.

“Jy gaan nie ’n beter ou kry nie. Hy het nie verby een ou gestap sonder om hom te groet nie.”

Volgens Muller jr. is daar niks wat sy pa nie vir sy kinders sou doen nie. Hy was ook gelief onder sy werkers, wat baie geskok oor sy dood is.

Nagel sê die vermeende moordenaars sal vandag in die landdroshof op Frankfort verskyn.

Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.