Seun sterf ná 4x4 hom tref
2011-06-19 17:52
Johannesburg – 'n Negejarige seun het weens sy beserings beswyk nadat 'n 4x4 hom in Bryanston, Johannesburg getref het, het paramedici Sondag gesê.
"Hy het vroeg vanoggend (Sondag) in die Charlotte Maxeke-hospitaal gesterf," het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Die seun is Saterdag in William Nichol-rylaan raakgery toe hy saam met sy sokkerafrigter die pad oorgesteek het.
Hy het erge kop- en borskasbeserings opgedoen en sy hart het gaan staan terwyl paramedici hom behandel het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA