Seun sterf in wrede muti-moord
2010-08-08 16:02
Johannesburg – Die lyk van ‘n 17-jarige seun is Sondag in Mthatha gevind waar dit in ‘n hut gehang het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die regterkant van die slagoffer se neus, ore en wang is afgesny.
“Ons vermoed dit is ‘n muti-moord. Die seun se vingerpunte is ook afgesny,” het kol. Mzukisis Fatyela, polisiewoordvoerder, gesê.
Volgens Fatyela het die seun Saterdagaand gesterf en het sy familielede Sondagoggend op sy lyk afgekom waar dit in sy hut gehang het.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie ondersoek die voorval .
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA