Seun skiet meisie in been

2012-01-11 07:01
Tweets Share Share line Print

Theunissen – ’n Skoolseun (13) is Dinsdagmiddag hier by sy oupa en sy oom se bywonershuis op ’n plaas deur die polisie in hegtenis geneem nadat die seun glo ’n meisie met dié oom se .22-geweer in die been geskiet het.

Die koeël het die regterbobeen van Nomthandazo Shirley Ma­xhaka (15) deurboor.

’n Woordewisseling ná ’n spelery by ’n dam op die plaas het glo die skietery voorafgegaan.

Die seun, wat deur sy oupa en oom versorg word, se pa is dood en sy ma bly in die Kaap.

’n Klag van poging tot moord word ondersoek.

Die seun is Dinsdagmiddag laat na die polisiekantoor op Theunissen gebring waar hy aangekla en daarna onder die sorg van sy oom en oupa vrygelaat is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die motief vir die skietery en wat dit vooraf gegaan het, is deel van die polisie se ondersoek.

Met Volksblad se aankoms op die plaas by die Sandvet-landbousentrum op die Port Allenpad, het tientalle ander kinders om Maxhaka saamgedrom terwyl sy deur paramedici van die provinsiale ambulansdiens behandel is.

Die sentrum is oorkant die Vierhoek-plaasskool waar Ma­xhaka ’n leerling is. Die seun is ’n leerling aan die Laerskool Nelsdrif tussen Welkom en Theunissen.

Een van die omstanders, Mbuliswahe Tsietsi (18), het gesê die kinders het almal saam gespeel.

Hy sê daar is ’n winkel op die plaas waar al die kinders van die omgewing inkopies doen.

Volksblad verneem ’n woordewisseling het ontstaan, waarna van die ander kinders glo gedreig het om die seun met ’n skokstok te skok.

Hy is glo na die huis waar hy die geweer gaan haal het. Ma­xhaka het die ander kinders toe glo aangepor om hom te skok, waarna hy na bewering ’n skoot in die grond afgevuur en die opslagkoeël haar getref het.

Sy is in die Bongani-hospitaal in Welkom opgeneem.

Volg Nuus24 op Twittter

- Volksblad

Lees meer oor: poging tot moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.