Seun pleeg glo selfmoord by verbeteringskool
2011-12-24 19:00
Kaapstad – Die beweerde selfmoord van 'n 12-jarige seun wie se lyk by die Lindelani Plek van Veiligheid buite Stellenbosch gevind is, sal ondersoek word, het Albert Fritz, provinsiale minister van maatskaplike ontwikkeling, gesê.
Shawaal Hoop se lyk is die naweek by dié verbeteringskool, waar minderjarige oortreders aangehou word, gevind.
Dié skool was vroeër vanjaar in die nuus toe 'n seun na bewering deur 'n ander seun met 'n graaf doodgeslaan is.
"Ek is bly die bestuurder het nuwe maatreëls in plek gestel. Ons ondersoek of die personeel die stelsels deurgevoer het," het Fritz gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter