Seun oorleef elektriese skok
2011-05-22 19:05
Johannesburg - ‘n Twaalfjarige seun is gelukkig om nog te leef nadat hy Saterdag geskok is deur ‘n oorhoofse spoorwegkabel in Viljoensdrift, het paramedici in die Vrystaat gesê.
Die seun was bo-op ‘n stilstaande treinwa saam met ‘n vriend toe hy in kontak met die oorhoofse kabel, wat krag aan die wa voorsien het, gekom het, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Kontak met die kraglyn het die seun van die wa se dak gegooi. Hy het byna vyf meter tot op die gruis geval.”
Die seun het ernstige brandwonde aan sy gesig en bene opgedoen, maar is nie beseer toe hy geval het nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA