Seun kritiek na tak op hom val
2009-12-19 11:01
Johannesburg – ‘n Negejarige is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n boomtak Saterdagoggend by ‘n kampterrein naby Margate op hom en sy broer geval het, het paramedici gesê.
“Die twee seuns was in ‘n tent in ‘n karavaanpark toe ‘n reuse boomtak afgebreek het en reguit op die tent geval het,” het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
Die ongeluk het kort na 09:00 plaasgevind, het Botha bevestig.
Die seuns van Roodepoort, Gauteng, is op vakansie in Umtentweni naby Margate saam met hulle familie.
Een van die seuns was in ‘n kritieke toestand en is per helikopter na Durban se St. Augustine hospitaal geneem.
Die ander seun het matige beserings opgedoen, het hy gesê.
- Sapa