Seun ken lyk van boer in gat uit

2011-06-09 09:12
Tweets Share Share line Print


"’n Mens moet vergewe, al voel jy nie so nie,” het die seun van die vermoorde Frank Gaudin, ’n boer van buite Randfontein wie se lyk in ’n gat gevind is, gesê.

Frank Gaudin jr., ’n voorligtingsonderwyser van Katanning, Wes-Australië, het sy pa Dinsdag in die Roodepoort-lykhuis op ’n digitale foto uitgeken wat van die lyk geneem is.

“Die brutaliteit van die daad is onmenslik,” het hy Woensdag gesê.

Volgens hom was daar sny- en kneuswonde aan sy pa se bolyf, oor sy gesig en kop.

“Ek het nie taal wat sterk genoeg is om te sê hoe brutaal dit gelyk het nie.”

Gaudin jr. het gesê die gevoel om te vergewe is dalk nie daar nie, “maar jy moet sê jy vergewe ... al voel jy nie so nie”.

Hy het dié metode van vergifnis by ’n geloofsvriend geleer, het hy gesê.

Dit was nie misdaad wat Gaudin jr. na Australië laat emigreer het nie, maar sy keuse om sy lewenstyl te verander.

“In dié stadium is die toekoms van sy pa se plaas onseker.

“Die mense hier weet nie of hulle môre of oormôre meer werk hier het nie. Dit is vir wie ek jammer is.”

Gaudin sr. se lyk is Saterdagmiddag ná ’n groot soektog versteek in ’n gat op die plaas gevind. Sy vrou, Sandra (56), is in Desember 2008 op dieselfde plaas, African Artifacts Farm, vermoor deur twee Mosambiekse broers waarvan een reeds lewenslank tronk toe gestuur is.

Thomas Walters, LPW en die DA se provinsiale woordvoerder oor landbou en landelike ontwikkeling, het gesê ’n patroon van gebrekkige veiligheid in landelike gebiede is al hoe meer sigbaar. “Boere en hul werknemers loop statisties gesproke veel groter risiko’s as enige ander Suid-Afrikaners om geweld van misdadigers te beleef. Hopelik sal mnr. Gaudin se afsterwe verskerpte optrede en vergrote hulpbronne vir landelike veiligheid beteken,” het Walters vandeesweek gesê.

Gaudin sr. se begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.