Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Seun gebroke ná moord op gesin

2012-04-10 07:00
Tweets Share Share line Print

Griekwastad – “Die lig is uit klein Don se oë, hoewel hy kalm voorkom. Hy het gehuil toe die polisie verduidelik wat gebeur in ’n lykskouing.”

Só sê Marianna Smith, tante van die jong Don Steenkamp (15), wie se ouers, Deon (44) en Christelle Steenkamp (43), en sy suster, Marthella (14), op Goeie Vrydag in hul plaashuis sowat 9 km buite die dorp doodgeskiet is.

Don is die enigste oorlewende van die treurspel wat mense oor die land heen geruk het.

Hy het skote gehoor terwyl hy in die pakskuur buite besig was en het op sy gesinslede se lyke in die TV-kamer afgekom.

Die vermoorde mnr. Steenkamp se twee susters, Smith van Stellenbosch en Elbeth Vermaak van Pretoria, het die plaas Naauwhoek, waar die treurspel hom afgespeel het, Maandag saam met jong Don en hul bejaarde ouers, Don (79) en Bettie Steenkamp (85), besoek.

Die polisie het Maandag verklarings van plaaswerkers afgeneem.

Kol. Hendrik Swart, die woordvoerder van die polisie, sê hulle het nog nie ’n verdagte geïdentifiseer nie. “Daarom is daar nie ’n grootskaalse soektog nie. Daar word gekonsentreer op forensiese leidrade en ondervraging van getuies.

“As daar mense is met enige waardevolle inligting, bel eerste die polisie. Vertel vir ons, nie ander mense nie.

“Die lykskouings word Woensdag gehou. Ons is nog onseker of dit in Kimberley of Bloemfontein sal wees,” sê Swart.

Steenkamp se susters sê die polisie is vaag met hul antwoorde.

“Ons wil ook nie gis nie. Miskien was dit jaloesie, maar ek wil niks meer sê nie. Dit bly steeds ondenkbaar,” sê Smith.

“Ek is egter baie bekommerd oor my ma. Sy het nog glad nie gehuil nie. Dit is asof sy dit nie glo nie. My pa is baie hartseer en emosioneel.

“Deon was alles vir my ma. Hy is gebore toe sy 42 was ná twee miskrame. Ek en Elbeth was mal oor ons jong boetie. Hy is agt en elf jaar jonger as ons.

“Deon was ’n vriendelike, standvastige en verstandige mens. My man, Valdon, het ná ons kuier hier in Desember gesê Deon is so wys. En kon hy die beste uit ’n viertrekvoertuig kry!

“Christelle was vreeslik hardwerkend en deeglik. Haar tuisnywerheid, Scrumptilicious, het sy lank aan beplan. Die koekieresepte is oor en oor getoets en ’n ordentlike sakeplan opgetrek.

“Hulle was fantastiese ouers vir die twee kinders. Christelle en Don het dieselfde kossmaak gehad en het nie erg aan TV-kyk gehad nie. Deon en Marthella was ook amper dieselfde mens.”

“Dit is vir almal ’n baie moeilike tyd,” sê Smith.

Die roudiens en verassing is Donderdag om 11:00 uit die NG kerk Griekwastad.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Brenda Pretorius sê... Hy probeer, maar hy is nie.'Nuwe land SA.... My ass! Moet my asb nie laat lag nie. Die flippen land is 'n joke. Die wereld lag vir ons, noem ons backward hill billies. Hoekom, want die Minaaaagement is 'n klomp narre! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R750000 - R800000

VB Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

PHP developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.