Seun ernstig beseer toe motor hom tref
2010-04-29 05:44
Johannesburg – ’n Skoolseun het ernstige beserings opgedoen nadat hy deur ’n voertuig getref is wat besig was om agteruit te beweeg, het KwaZulu-Natalse paramedici gesê.
Die seun was besig om sy lekkers op die sypaadjie te tel.
“Die bestuurder het nie die kind gesien nie. Hy het die motor in trurat gesit met die bedoeling om in die pad in te draai,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Wicks het gesê die seun het kop- en rugbeserings opgedoen.
Hy is na die Addington-hospitaal geneem vir verdere behandeling nadat hy op die toneel gestabiliseer is.
-Sapa