Seun dood wat glo bakleiery wou keer

2010-11-08 07:18
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Johannesburg - ’n Hoërskoolseun (18) van Westonaria aan die Wes-Rand is die naweek breindood verklaar nadat hy glo verlede week as bemiddelaar in ’n geveg buite die skoolterrein wou optree.

Louwrens Gebhardt, kaptein van die skool se eerste rugbyspan, is Saterdag omstreeks 11:00 in die private hospitaal Netcare-Krugersdorp dood nadat die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, afgeskakel is.

Die skool se hele eerste rugbyspan was daar om hom te groet.

Louwrens het Donderdag omstreeks 13:30 ’n hou teen sy voorkop gekry toe hy glo ’n man wat ’n skoolmaat buite die skoolterrein wou slaan, probeer keer het.

Dié bakleiery was glo die nasleep van ’n geveg die vorige dag tussen twee leerlinge.

’n Volwasse man wat glo ’n noue verbintenis gehad het met een van die seuns wat by die bakleiery die vorige dag betrokke was, wou glo die ander seun slaan. Dié man, wat buite die skool gestaan en wag het, was met ’n bofbalkolf gewapen.

Toe die man die seun wou slaan, het Louwrens tussenbeide getree.

Hy is teen die voorkop getref.

Louwrens was volgens sy oom, Cobus Gebhardt, nie by die geveg betrokke nie en het oor die pad gestap om te gaan help.

“Leerlinge wat ooggetuies van die aanval was, het die onderwysers gaan roep. Sy ouers is gekontak en dié is reguit na die huisdokter. Hy was toe nog by sy positiewe,” sê sy oom.

Louwrens is op aandrang van die huisdokter na ’n hospitaal oorgeplaas. “Op pad na die hospitaal het hy sy bewussyn verloor,” sê sy oom.

Ná verskeie toetse is vasgestel hy het erge bloeding op die brein. Hy is Saterdag breindood verklaar.

“Hy was ’n fris en sprankelende seun. Sy dood laat ’n leemte in ons almal se harte,” sê sy oom.

Die familie ontken beweringe dat die voorval met rassespanning by die skool verband hou.

Benard Fischer, skoolhoof, het by navraag gesê die skool sal vandag traumaberading aan Louwrens se skoolmaats gee.

Konst. Lienkie Lefakane, polisiewoordvoerder van die Westonaria-polisiekantoor, sê ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanvanklik geopen.

“Die ondersoek het uiteraard nou in ’n moordsaak verander. Ons is steeds op soek na die aanvaller. Die polisie sal die situasie by die skool dophou om enige verdere geweld wat kan voorkom, te stuit.” 

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  geweld  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.