Seun deur taxi doodgery
2011-11-16 19:39
Johannesburg – ‘n Seun het Woensdag gesterf toe hy deur ‘n taxi raakgery is in Edendaleweg, Pietermaritzburg, het paramedici gesê.
Toe paramedici op die toneel gearriveer het, het hulle die seun, vermoedelik ses jaar oud, gevind waar hy stil in die straat gelê het, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Hy is op die toneel dood.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA