Seun by Pta-skool deur mans aangeval
2010-04-15 15:15
Johannesburg – ‘n 15-jarige skoolseun is Donderdag by die Hoërskool Montana in Sinoville in die hand gesteek deur twee gewapende mans, het die polisie in Pretoria gesê.
“Die seun wou badkamer toe gaan toe die twee mans hom bygedam het. Die verdagtes het glo ‘n mes en ‘n vuurwapen in hulle besit gehad,” het konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, gesê.
Een van die mans het die seun met die mes in die hand gesteek. Die ander verdagte het probeer om die seun te skiet maar sy vuurwapen het nie afgegaan nie.
Beide mans het gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die seun is na die hospitaal geneem.
- Sapa