Seun (9) verdrink langs huis
2010-02-24 14:48
Johannesburg - 'n Negejarige seun het in 'n stroom verdrink terwyl hy en sy vriende naby sy huis gespeel het.
"Hy het Dinsdagaand omstreeks 18:00 langs sy huis in die Zone Six-informele nedersetting verdrink," het insp. Mothemane Malefo, 'n polisiewoordvoerder, gesê.
Die kind en drie vriende was besig om te speel toe hy skielik sy klere uittrek en in die stroom spring om te swem.
"Sy vriende het hulp ontbied toe hulle besef hy verdrink. Polisieduikers het ure later sy lyk uit die stroom gehaal," het Malefo gesê.
– Sapa