Seun (9) kritiek ná motor hom tref
2010-08-06 20:26
Kaapstad – ‘n Negejarige seun veg om sy lewe in ‘n Johannesburgse hospitaal nadat hy Vrydagaand deur ‘n motor getref is, het ‘n woordvoerder gesê.
Die kind het die besige Elsburg-pad naby Reiger Park probeer kruis toe hy voor ‘n aankomende voertuig ingehardloop het, het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Toe paramedici by die toneel opdaag, het die seun in die pad gelê. Sy liggaam, wat krities beseer het, het nie gereageer nie.
Terwyl die paramedici die kind gestabiliseer het, is ‘n helikopter en ‘n trauma-dokter na die toneel ontbied.
Volgens Botha is hy na die Charlotte Maxeke-hospitaal vir verdere behandeling geneem.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.