Seun (8) sterf weens voedselvergiftiging
2009-12-09 21:30
Durban – ‘n Agtjarige seun van Impande buite Pietermaritzburg het gesterf weens voedselvergiftiging, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Samukeliswe Mloto het Dinsdag erge maagpyn ervaar en inmekaargesak. Sy ouers het nooddienste ontbied. Hy is egter dood verklaar op die toneel,” het insp. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, gesê.
Volgens Jeevan het ‘n ondersoek onthul dat die Samukeliswe-gesin ernstige voedselvergiftiging gehad het na ‘n maaltyd wat hulle Sondag geëet het.
“Die omstandige rondom die seun se dood word steeds ondersoek. Die ander lede van die gesin sterk goed aan,” het Jeevan gesê.
–Sapa