Seun (4) verdrink in swembad
2010-03-31 11:50
Johannesburg - 'n Vierjarige seun het in 'n swembad by sy ouerhuis in Linden, Johannesburg, verdrink ná hy vermis geraak het, het paramedici gesê.
Die seun is onder in die swembad gevind ná hy omstreeks 17:00 Dinsdagaand vermis geraak het, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Hy is op die toneel dood verklaar.
– Sapa