Seun (3) sterf in speletjie met oom

2011-07-14 08:35
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg. – Hy het die kleuter in ’n speletjie aan sy arms geswaai toe die seuntjie se kop ’n muur getref en hy gesterf het.

Uit paniek het hy die lykie in ’n kartonhouer versteek waar dit byna twee maande later eers gevind is.

Só lui die bekentenis van Simphiwe Zondi (19), aan wie ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gister in die Pietermaritzburgse landdroshof opgelê is weens die dood van Mcebisi Zondi (3). Mcebisi is sedert 26 Mei vermis.

Zondi het voor streeklanddros Paul Ableman beken hy het Mcebisi “wederregtelik en nalatig” aan die arms geswaai.

“Ek het nie bedoel om hom seer te maak nie en het heeltemal berou oor my optrede,” het hy in ’n verklaring gesê.

Volgens Zondi het sy suster Thoko hom gevra om na haar seuntjie om te sien.

“Ek het met Mcebisi gespeel deur hom aan albei arms te swaai. Dit was nie die eerste keer dat ons so gespeel het nie en ek het geweet hy hou daarvan. Ek het my greep tydens die speletjie verloor en die seun het die muur met sy kop getref en geval.”

Hy het besef Mcebisi beweeg nie en paniekerig geraak.

“Ek was so geskok oor wat ek gedoen het dat ek sy lyk in ’n kartonhouer gesit het.”

S. Ngobeni, sy regsverteenwoordiger, het by die hof om genade gepleit.

Hy het aangevoer Zondi het skuld beken en verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar.

“Ek vra die hof om hom nie te straf net omdat hy die lyk versteek het nie.”

Pranisha Kasool, aanklaer, het tronkstraf vir Zondi gevra. Sy het gesê hy het vir sy suster gejok.

“Hy het gesê hy het die seun vroeër gesien en toe sy hom later gevra het waar die seun is, het hy gesê hy weet nie waar hy is of wat met hom gebeur het nie.”

Die kartonhouer met Mcebisi se ontbindende lyk in is gekry in ’n kamer waar sy ma ook gewoon het.

Ableman het in sy uitspraak gesê Mcebisi se dood is tragies en ’n ongeluk. Volgens hom is tronkstraf nie gepas nie.

– Volg Nuus24 op Twitter 

- Beeld

Lees meer oor: hof  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.