Seun (2) sterf in brand
2011-12-18 13:52
Kaapstad – 'n Tweejarige seun is dood nadat tien plakkershutte in Lansdowne, Kaapstad aan die brand geslaan het, het die brand-en-reddingdienste gesê.
Brandbestryders het omstreeks 05:00 die brand by die Flamingo informele nedersetting onder beheer gekry en die gebrande lyk van die seun in een van die hutte gevind, het Theo Lyne, woordvoerder, gesê.
Die seun is as Daniro Frank geïdentifiseer.
Lyne kon nie onmiddellik verdere besonderhede rondom Frank se dood deurgee nie.
Altesaam 16 mense is weens die brand dakloos gelaat.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA