Seun 2 keer geopereer ná aanval by skool

2011-09-12 08:03
Tweets Share Share line Print

Daniëlskuil – Twee noodoperasies is in die Kimberley-hospitaalkompleks op ’n leerling in gr.10 aan die Hoërskool Kuilsville uitgevoer nadat twee broers hom na bewering buite ’n klaskamer aangerand het.

Die twee vermeende aanranders verskyn Maandag in die landdroshof op die dorp in verband met ’n klagte van poging tot moord.

’n Geskokte familielid het Sondagmiddag aan Volksblad gesê Eddison van Staden (18) het ernstige kopbeserings opgedoen toe hy glo Donderdag omstreeks 13:00 aangerand is.

Eddison, wat by sy ouma woon, is na die Kimberley-hospitaalkompleks gebring waar hy die noodoperasies ondergaan het.

Sy ma, ook van Daniëlskuil, waak by hom waar hy in die intensiewesorgeenheid verpleeg word.

Sy toestand is ernstig, maar stabiel.

’n Familielid het gevra dat Eddison se naasbestaandes se name uit vrees vir intimidasie nie bekend gemaak word nie.

Kapt. Tony Modise van die polisie sê die twee 18-jarige verdagtes verskyn vandag in die landdroshof op die dorp. Hulle is na bewering leerlinge van dieselfde skool.

Die beweerde aanranding het glo ten tyde van ’n hewige woordewisseling plaasgevind.

Modise sê in nog ’n voorval het polisieduikers die lyk van ’n 17-jarige meisie Donderdagmiddag uit die Vaalrivier by die Barkly-Wes-woonwapark gehaal.

Dit kom nadat leerlinge van die skool glo die middag in die rivier geswem het. Die swemmers het opgemerk hul maat het in die water verdwyn. Die polisie is ontbied. Haar naam is nog nie bekend gemaak nie.

Modise sê Rozanda Louw (20) van Barkly-Wes is Woensdagaand dood toe die polisie-bakkie waarin sy gery het glo op die N12-hoofweg tussen Hopetown en Belmont omgeslaan het.

’n Vrou is beseer. Die bestuurder van die bakkie, ’n polisiekonstabel, is ongedeerd.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Stuur hulle Zimbabwe toe. Dit is goedkoper en hulle is oor 6 maande volwaardige iDoktela's. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.