Seun (17) kritiek ná ongeluk
2009-12-27 01:03
Johannesburg - 'n 17-jarige seun is ernstig beseer ná hy Saterdagmiddag met sy motorfiets teen 'n aankomende motor gebots het.
"Presiese besonderhede oor die ongeluk is onduidelik. Volgens 'n ooggetuie het die motorfiets by 'n winkelsentrum in Kempton Park uitgekom voor hy teen die motor gebots het," het Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, gesê.
Hy is na die Arwyp-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
– Sapa