Seun slaan dood neer nadat hy bendes sien baklei

2010-11-22 09:50
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bultfontein – ’n Vyftienjarige seun van die dorp is dood, vermoedelik weens skok, toe hy sien hoe lede van ’n bende ’n lid van ’n ander bende met ’n mes by sy skool toetakel.

Die voorval het Vrydag, nadat die seuns eksamen geskryf het, by die Hoërskool Retholositswe gebeur.

Sers. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, sê twee seuns, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, van die bende met die naam Portugese, het by die skool vir ’n lid van ’n ander bende, BTK (wat staan vir Born to Kill), gesit en wag.

Hulle is almal leerlinge van Retholositswe.

Dié 19-jarige waarvoor hulle gewag het, was nog met eksamens besig.

Nadat hy uit die eksamenlokaal gekom het, het die twee hom met messe aangeval.

Hy is indie kop en rug gesteek.

Hy is in die hospitaal behandel en reeds ontslaan.

Sy aanvallers het daarna weggehardloop en word nog deur die polisie gesoek.

’n Seun, 15, wat die hele aanval sien gebeur het, het dood neergeslaan.

Motsoeneng sê die polisie vermoed die seun is weens skok dood, maar ’n lykskouing sal gedoen word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: kindersterftes  |  bendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Stuur hulle Zimbabwe toe. Dit is goedkoper en hulle is oor 6 maande volwaardige iDoktela's. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.