Seun (13) sterf in bendeverwante-aanval
2011-06-25 23:02
Kaapstad – 'n Seun (13) van Elsiesrivier in die Wes-Kaap is in 'n vermeende bendeverwante voorval doodgeskiet, het die polisie Saterdag gesê.
Vier verdagtes het Vrydagaand 'n groep mense wat op die hoek van 12de Laan gestaan het genader en op hulle begin skiet. Beamptes sê die seun is in die kop geskiet, terwyl 'n vrou gewond is,
November Filander, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is in hegtenis geneem nie.
"Die verdagtes het te voet gevlug. In die stadium is die motief vir die aanval nie bekend nie, maar ons vermoed dit is bendeverwant."
'n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter