Seun (13) sterf by inisiasieskool
2011-07-13 16:16
Oos-Kaap – 'n Seun (13) is dood en drie ander is beseer nadat hulle glo by 'n inisiasieskool naby Mthatha in die Oos-Kaap aangerand is, het die polisie gesê.
Die vier tieners het met die polisie se aankoms omstreeks 01:00 by die skool in Pikela Locality gekreun van die pyn, het lt.kol. Vuyisile Fatyela gesê.
Hulle is na bewering aangerand deur 'n groep mans wat by die skool bly. Dit is nie bekend hoekom hulle aangerand is of wat gebruik is om hulle aan te rand nie.
Die tieners is na die St. Barnabas-hospitaal geneem, waar een van hulle met aankoms dood verklaar is.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA