Seun (13) probeer ma vergiftig
2012-02-05 14:10
Johannesburg – ‘n Tienerseun is in hegtenis geneem vir poging tot moord nadat hy sy ma probeer vergiftig het, het die Johannesburgse polisie gesê.
Ao. Kay Makhubela sê die 13-jarige seun het na bewering R700 uit sy ouers se huis in Protea Glen, Soweto, gesteel.
Terwyl die seun se ouers Vrydag vir die geld gesoek het, het hulle rotgif gevind. Die ma het later dieselfde aand siek gevoel nadat sy tee gedrink het.
Sy is na ‘n hospitaal geneem en was in ‘n kritieke toestand.
Die seun het later glo aan sy pa erken dat hy gif by die tee gevoeg het.
Hy is Saterdag in hegtenis geneem en sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA