Seun (13) doodgeskok by skool
2011-10-19 12:12
Bloemfontein – 'n Seun (13) is doodgeskok by die Kroonstad Hoërskool in die Vrystaat nadat hy op nat gras gestaan en aan 'n kragpaal geraak het, het paramedici gesê.
"Hy het geskok en het toe op die grond geval," het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Die voorval het Dinsdag plaasgevind.
Paramedici het probeer om hom onderweg na die Netcare Kroon-hospitaal by te bring, maar hy is kort ná sy aankoms by die hospitaal dood.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA