Seun (12) in Limpopo ontvoer, verkrag
2011-12-22 15:58
Johannesburg – 'n Twaalfjarige seun, wat saam met sy maats vanaf 'n kerkdiens gestap het, is deur 'n man in Mankweng in die Limpopp-provinsie, ontvoer en verkrag, het polisie Donderdag gesê.
Vier seuns het Woensdagmiddag omstreeks 17:00 in die straat gestap toe 'n 20-jarige man hulle genader het, het konstabel Moses Molepo gesê.
"Die man het die seuns vir geld gevra om sigarette te koop, waarna hy een van die seuns gegryp en hom na 'n nabygeleë huis gesleep het."
Die ander drie seuns het weggehardloop om hulle ouers van die voorval in kennis te stel.
Molepo het gesê die polisie het die verdagte se huis bestorm en die seun omstreeks 13:00 Donderdagmiddag gered.
"Hulle het die man in hegtenis geneem, nadat hulle hom nakend in 'n kamer gevind het waar hy steeds besig was om die seun te verkrag," het Molepo gesê.
Die slagoffer is na die Mankweng-hospitaal vir behandeling geneem. Sy toestand was nie onmiddelik bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA