Seun (11) se penis, oor afgesny
2011-12-23 13:45
Johannesburg – 'n 11-jarige seun is in Soweto ontvoer waarna sy linkeroor en penis afsny is, het die polisie in Gauteng gesê.
Die seun van Dobsonville is omstreeks 09:00 deur 'n onbekende man na Doornkop geneem, het kapt. Mpande Khoza gesê.
Die man het die kind na 'n spoorlyn in Midway geneem waar hy die kind se oor en penis afgesny het.
Die kind is later deur Metrorail-werkers langs die spoorlyn gevind, waarna hulle die polisie gekontak het.
Khoza het gesê die kind is na die Moroka-polisiekantoor en toe na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem waar hy behandeling ontvang. Die kind se pa is toe in kennis gestel.
Die kind se ma is in KwaZulu-Natal nadat 'n familielid gesterf het.
Die polisie glo die voorval is muti-verwant.
'n Saak van poging tot moord word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA