Seun (10) ontvoer ná man met mes hom jaag
2012-01-02 17:34
Johannesburg – 'n Seun van tien jaar oud is in 'n woud naby Khothana in Nqamakwe in die Oos-Kaap ontvoer, het die polisie Maandag gesê.
Mesuli Mtebhele en sy 11-jarige vriend Athi Cekiso het na skape gesoek toe 'n man hulle Sondagmiddag genader het, het kapt. Jackson Manatha gesê.
"Hy het uit die bome aangekom met 'n mes en die seuns gejaag. Cekiso het vir hom weggehardloop maar die man het Mtebhele gevang."
Manatha het gesê Cekiso het aan die dorpie se oudstes vertel wat gebeur het, wat daarna die inwoners gevra het om na die vermiste seun en man te soek.
Die Oos-Londense honde-eenheid, inwoners en plaaslike polisie het vroeg Maandag na die woud gegaan om na die seun te soek, maar kon hom nie vind nie," het Manatha gesê.
"Die honde-eenheid sal na verwagting die res van die dag deur die hele woud na die vermiste seun en die man soek. 'n Saak van ontvoering word ondersoek en 'n saak vir 'n vermiste persoon is geopen."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA