Sestig busse se lisensies opgeskort
2011-10-14 20:04
Johannesburg – Beamptes in Gauteng en die Noordwes het sowat 60 busse se lisensies opgeskort.
“Die busse is van die pad afgetrek as deel van
skoonmaakoperasies op die vooraand van die Desember-vakansie,” het ‘n
woordvoerder vir die departement van vervoer, Logan Maistry, gesê.
Volgens Maistry is 21 busse in Rustenburg in
die Noordwes van die pad afgetrek.
In Gauteng, het die nasionale verkeerspolisie ‘n
klopjag op depots in Lenasia en City Deep uitgevoer waar 15 busse se lisensies opgeskort is.
‘n Verdere 23 busse in Gauteng is ook van die
pad af getrek, waarvan ten minste een as totaal onpadwaardig verklaar is, het Maistry gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA