Sestien beseer in KZN-ongeluk
2011-11-06 22:13
Johannesburg – Sestien mense is beseer toe ‘n taxi Sondagmiddag omgeslaan het aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Die taxi het noord op die N2 naby Hibberdene gereis toe die bestuurder omstreeks 15:00 beheer oor die voertuig verloor het, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Agt passasiers het ernstige beserings opgedoen, terwyl die res ligte beserings opgedoen het.
Hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA