Sesjarige verdrink in rivier
2010-02-05 04:23
Johannesburg – ‘n Sesjarige seun het Donderdag in ‘n rivier in Heidelberg verdrink, het die polisie in Gauteng gesê.
Volgens kapt. Shado Mashobane, polisiewoordvoerder, het drie seuns vanaf Heidelberg na die Ratanda-nedersetting gestap toe hulle omstreeks 18:00 vanaf ‘n brug oor die Blesbokspruit gespoel is.
‘n Verbyganger kon daarin slaag om twee van die seuns uit die water te red.
Nooddienspersoneel het omstreeks 19:30 steeds na die lyk van die derde seun gesoek.
– Sapa