Sesjarige seun verdrink
2010-03-24 18:23
Johannesburg – Die liggaam van ‘n sesjarige seun wat in Tembisa verdrink het, is gevind, het Ekurhuleni se mediese dienste Woensdag gesê.
Volgens Roggers Mamaila, ‘n woordvoerder is Ntokozo Shabangu se liggaam verskeie kilometers verder gevind vanwaar die water hom Dinsdag weggesleep het.
“Die seun se liggaam is Woensdagmiddag gevind. Hy was op die toneel doodverklaar,” het Mamaila gesê.
Shabangu het in ‘n oop verspoelde drein geval toe hy vanaf die skool oppad huistoe was. Hy was ten tyde van die voorval saam met sy ouer suster.
- Sapa