Sesde visserman steeds vermis
2009-10-28 08:11
Johannesburg – Die sesde visserman wat op die vissersboot was wat vroeër hierdie week in rowwe see omgeslaan het was Woensdagoggend steeds vermis, het reddingsdienste gesê.
“Die polisie gaan voort met hul soektog en hulle het nog niks gevind nie,” het
Craig Lambinon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Vier vissermanne, Vinston C Michaels, Christopher Dedericks, Christopher Gerner and Edward Stols, het verdrink, terwyl ‘n vyfde man, Wilhelm Isaacs, gered is.
Die sesde bemanningslid is Edwin Hunter van Mosselbaai.
- Sapa