Ses vas vir ongeslypte diamante
2009-11-24 16:18
Johannesburg – Ses mans is in Mondeor, in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle glo met ongeslypte diamante transaksies beklink het.
Die mans is met sowat 24 ongeslypte diamante in ‘n huis in Liefde en Vrede aangetref, het insp. Lunga Mahonga gesê.
Instrumente om die diamante mee te toets, ‘n skaal en spesiale papier waarvan vals geld gemaak word, is ook in die huis aangetref.
Die ses verdagtes sal na verwagting binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
- Sapa