Ses vas vir moord op gesin
2010-12-02 20:02
Bloemfontein – Ses mense is in hegtenis geneem en ondervra oor die wrede moord Donderdag op ‘n gesin in die Lindley-distrik, het polisie in die Vrystaat gesê.
“Die ondersoekspan het ses mense in aanhouding geneem en hulle word steeds ondervra,” het kol. Motantsi Makhele gesê.
Die span het leidrade en inligting van die moordtoneel opgevolg.
“Teen omtrent 14:30 het hulle ses vermeende verdagtes, een vuurwapen en die bankkaarte wat aan die 40-jarige oorledene behoort het gevind.”
Drie van die verdagtes is op die plaas in hegtenis geneem, terwyl drie ander in Lindley vasgetrek is,” het Makhele gesê.
Meeste van die verdagtes is in hul vroeë twintigs.
Attie Potgieter, sy vrou Wilma en hul dogter Willemien, 3, is Donderdagoggend op hul plaas vermoor.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA