Ses swyg oor wie Lindley-meisie geskiet het

2011-06-07 07:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Oor wie Willemientjie Potgieter (2) van Lindley doodgeskiet het, praat hulle nie in die tronk waar hulle aangehou word nie, het een van haar en haar ouers se vermeende moordenaars Maandag in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Vusi Khumalo (23) het voor regter G.F. Wright getuig hy kan nie sê wie dit gedoen het nie, want hy was nie op 1 Desember verlede jaar by toe die sneller getrek is wat die noodlottige wond in haar agterkop veroorsaak het nie.

Op ’n vraag van Chris Gerber oor wat hulle in die Grootvlei-tronk praat oor wie van Tshokolo Lelala, Telleko Seekoei en Diphapang Motaung haar geskiet het, het hy getuig dat hulle nie daaroor praat nie.

In kruisondervraging van Gerber, vir Stemmer Mofokeng, het Khumalo ook verder getuig Mofokeng is die een wat voorgestel het hulle moet Attie Potgieter beroof, omdat daar ’n kluis en geld in die plaasopstal op Tweefontein is.

As hulle geld geleen het, het Potgieter dit in die huis gaan haal en nie in die bank op die dorp gaan trek nie.

Dit was ’n plan van hulle drie plaaswerkers. Nadat die Potgieter-gesin van Durban terug was, het hulle dit met hul drie makkers in die swart woonbuurt by Lindley gaan bespreek.

In sy getuienis het hy getuig hoe Potgieter hom op 1 Desember gebel en gesê het hy sien Khumalo se swaer (Lelala) en twee ander mans in die omgewing. Khumalo moet kyk wat hulle daar soek.

Later die dag het Khumalo hulle in sy huis op die plaas gekry en gesê hulle moet die plan laat vaar, want Potgieter het hulle gesien. Seekoei en Motaung wou nie en het gesê hulle het te ver gekom om nou alles te los.

Khumalo was omstreeks 16:00 saam met Klaas Mofokeng in ’n pakhuis toe Stemmer Mofokeng daar aankom en gesê het hy het die ander drie by die plaasopstal gelos en gewys waar om te skuil. Die Potgieters het toe ook op die plaas aangekom.

Skaars drie minute later het hulle ’n skoot gehoor en kort daarna mnr. Potgieter wat skreeu. Deur ’n venster het hulle gesien hoe Lelala hom met ’n panga jaag. Seekoei het bygekom en hulle het hom gekap en gesteek.

Hy het getuig hy het gesien hoe hulle Wilna Potgieter en Willemientjie voor die huis laat sit het. Hy het haar man hoor skreeu, maar kon nie sien hoekom nie.

Hy en die ander twee het toe in dongas op die plaas gaan skuil totdat dit donker was.

Terwyl hulle daar gewag het, het nog twee skote geklap.

Daarna is hulle na die swart woonbuurt om hul deel van die buit te gaan haal.

Die volgende oggend, terug op die plaas, het hy mnr. Potgieter langs ’n draadheining by die huis sien lê.

Hy het in kruisondervraging deur adv. Lawrence Tshabalala, vir Klaas Mofokeng, getuig hy erken hy was deel van die groep wat die doel gehad het om die Potgieters te beroof, maar nie te vermoor nie.

Terwyl Potgieter aangeval is, het Potgieter sy (Khumalo se) naam geroep.

Potgieter was ’n goeie mens, het hy getuig.

Al ses ontken skuld op drie moordaanklagte en een van roof.

Adv. Jannie Botha tree vir die staat op. Adv. Pieter Nel tree vir Lelala en Seekoei op en adv. Oupa Makhene tree vir Khumalo op.

Die verhoor duur voort.

- Volksblad

Lees meer oor: lindley  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Stuur hulle Zimbabwe toe. Dit is goedkoper en hulle is oor 6 maande volwaardige iDoktela's. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.