Ses sterf in motorongeluk
2009-11-27 13:36
Durban – Ses mense is Vrydag dood en drie is beseer in ‘n ongeluk op die N2 naby Mtubatuba waarin twee voertuie betrokke was, het polisie van KwaZulu-Natal gesê.
‘n Afleweringsvoertuig het met ‘n Toyota gebots in die Manandi area naby Mtubatuba, het insp. Khulekani Mpanza gesê.
“Vier mense in die Toyota is dood en twee in die afleweringsvoertuig.”
‘n Saak van strafbare manslag is geopen. Die beseerdes is na die Ngelezane hospitaal geneem.
- Sapa