Ses sterf in KZN-ongeluk
2011-11-01 20:01
Johannesburg – Ses mense het Dinsdag gesterf toe die minibus-taxi waarin hulle gereis het naby Nkonkoni in Mkhuze omgeslaan het, het die KwaZulu-Natalse departement van vervoer gesê.
Ses ander passasiers is in ‘n kritieke toestand na die Bethesda-hospitaal geneem, het Kwanele Ncalane, woordvoerder, gesê.
Volgens hom het ‘n band gebars en was dít die oorsaak van die ongeluk.
Die departement sal ook ondersoek of die bestuurder die wettige spoedbeperking oortree het.
“Ons ondersoek nog die kwessie van spoed, want indien die bestuurder die spoedbeperking gehoorsaam het, sou hy beter beheer oor die taxi kon behou nadat ‘n band gebars het,” het Ncalane gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA