Ses ernstig beseer in twee PMB-ongelukke
2012-01-17 19:56
Johannesburg – Ses mense is Dinsdag ernstig beseer in twee ongelukke waarby vyf motors betrokke was in Pietermaritzburg, het paramedici gesê.
Die eerste ongeluk was ‘n kop-aan-kop-botsing tussen ‘n bakkie en ‘n motor op Woodhouseweg in Scottsville, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
“Albei bestuurders is vir ernstige beserings behandel en lewensondersteuningstegnieke is toegepas voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.
“Op pad na die hospitaal het ons ‘n oproep gekry oor ‘n ongeluk op die N3 in Ashburton, waarby drie motors betrokke was. Vier mense, insluitende twee buitelandse toeriste, is vir rug-en nekbeserings behandel.”
Hulle is na plaaslike hospitale geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA