Ses ernstig beseer in taxi-ongeluk
2009-07-15 00:15
Durban – Ses mense is ernstig beseer toe 'n taxi Woensdagoggend op die M4-hoofweg oppad na Durban gerol het.
Die ongeluk het omstreeks 08:00 op die M4 naby die Clairwood-renbaan gebeur toe die taxi se regter-agterband bars. Die voertuig het gevolglik verskeie kere gerol.
Volgens 'n woordvoerder van Netcare 911 het ses mense ernstige beserings opgedoen in die ongeluk. Agt ander is lig beseer.
Die woordvoerder het gesê die mense het wyd oor die hoofweg gelê toe hulle op die toneel opdaag.
Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem.
- Netcare 911