Ses dood toe motor deur winkel ploeg
2012-01-15 11:30
Kaapstad – Ses mense is Sondagoggend dood toe 'n Honda Ballade deur die voorruit van 'n winkel in Plumstead, Kaapstad, geploeg het, het paramedici gesê.
Die vyf insittendes van die motor, vermoedelik in hul vroeë 20's, is op die toneel in Victoriaweg deur paramedici dood verklaar. Paramedici het kort ná 04:00 op die toneel opgedaag, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
"Nóg 'n man is dood buite die voertuig gevind. Dié man is glo die sekuriteitswag by die winkel en is dood toe die voertuig in die winkel geploeg het."
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, en sal deur plaaslike owerhede ondersoek word, het Vermaak gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA