Ses dakloos ná brand
2011-11-19 13:01
Kaapstad – Ses mense is dakloos gelaat nadat drie plakkershutte en twee huise vroeg Saterdagoggend in Kraaifontein afgebrand het, het die Stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling gesê.
"Die stad se rampbestuursentrum en die nodige rampverligting ontvang," het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling,
Boumateriaal sal aan die mense, wie se plakkershutte in die brand verwoes is, verskaf word.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sal ondersoek word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA